Die Drie Van der Merwes is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1970 deur Kavalier Films uitgereik is. Dirk de Villiers was die regisseur.

Genre Die rolprent is ’n komedie.

Akteurs Franz Marx speel die rol van die drie Van der Merwes. Van die ander akteurs is Marius Weyers, Sandra Prinsloo, Cobus Rossouw en Raedawn Stevens.

Storielyn ’n Sukkelende akteur, Koos van der Merwe, is dol oor Linden, die dogter van ’n miljoenêr wat haar Durban toe stuur om haar van Koos af weg te kry. Koos volg haar en vermom hom as kapt. James van der Merwe, ’n wêreldbekende seiljagvaarder. Intussen kom die kaptein se tweelingbroer, Piet, na Durban om sy neorotiese vrou te ontmoet. Toe die regte kapt. James van der Merwe boonop ook sy opwagting maak, is daar groot probleme.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente