Zhenjiang (Chinees: 镇江), vroeër Jingjiang (京江) of Jingkou (京口), is 'n stad in die Chinese provinsie Jiangsu met 'n bevolking van 3 113 384 in 2010.
Die stad is in die ooste van China, wes van die Yangtze-monding aan die Oos-Chinese See geleë. Zhenjiang grens in die weste aan Nanjing, in die ooste aan Changtsjou en in die noorde aan Yangtsjou. Die stad is 'n belangrike vervoerknooppunt aan die Keiserkanaal.
Kategorie:Nedersettings in die Volksrepubliek China