Vlug van die Seemeeu is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1972 deur Quadro Films vervaardig en uitgereik is. Koos Roets was die regisseur.
Genre Die rolprent is 'n drama.
Akteurs Die akteurs is onder andere Don Leonard, Pieter Joubert, Trudi du Plessis, Wena Naudé, Sann de Lange en Wilna Snyman.
Storielyn Ná ’n verlowing van amper vier jaar verbreek Leonie haar verhouding met Fritz, ’n beroemde dirigent en komponis. Fritz hanteer dit nie goed nie en word tronk toe gestuur ná ’n tref-en-trap-ongeluk terwyl hy onder die invloed is. Hy word later vanweë goeie gedrag vrygelaat, maar is geskok deur die skynheiligheid van die mense wat hom eens aanbid het.
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente