Jy Is My Liefling is 'n Afrikaanse musiekblyspel wat romanse, komedie en aksie saamgooi. Dit is in 1968 deur Kavalier Films verfilm en uitgereik. Dirk de Villiers was die regisseur.
Genre Die rolprent is ’n musiekblyspel.
Akteurs Die hoofspelers is Franz Marx, Siegfried Mynhardt en Min Shaw.
Storielyn Willie Willeboer is ’n jong joernalis wat sy werk verloor en op ’n wildsplaas gaan bly om ’n boek te skryf. Hy raak verlief op die eienaar se dogter, Ans, maar sy beskou hom as ’n broer. Dan tel hy ’n diamant in die veld op en die aksie begin.
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente A.P. du Plessis
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Avontuurrolprente Kategorie:Musiekrolprente Kategorie:Romantiese rolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente