Die Wildtemmer is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1972 deur Kavalier Films vervaardig en uitgereik is. Elmo de Witt was die regisseur. Die prent is gegrond op die Springbokradio-vervolgverhaal met dieselfde titel.

Genre Die rolprent is ’n drama.

Akteurs Van die hoofspelers is Ben Dekker, Pieter Hauptfleisch, Brian Brooke en Ralph Loubser.

Storielyn ’n Groot, fris boer, Kobus le Grange, wil net sy werk doen en in vrede gelaat word, maar sy bure is agter sy plaas aan. Hy raak verlief op Rika, maar sy word van sy perd afgegooi en is verlam. Sy leer weer loop, maar sy dink hy kry haar jammer en beëindig die verhouding. Hy gaan woon op ’n ander plaas, waar hy weer verlief raak. Maar ook hier wag ’n tragedie.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Avontuurrolprente Kategorie:Romantiese rolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente