Kappie Botha is op 22 Mei 1917 gebore.http://blogs.litnet.co.za/kobusvictor/2010/01/27/kappie-botha-pionier-filmmaker/ Kappie Botha pionier filmmaker Hy het eers op Worcester as ’n snyer en kleremaker gewerk en daarna na die Paarl verhuis. Hy het later met die rolprentkamera begin eksperimenteer en is deur dr. Anton Rupert gevra om ’n reklamefilm oor die Rembrandt-maatskappy te maak vir die destydse African Mirror.
Later het Kappie by Carfo (Christelike Afrikaanse Radio en Film Organisasie) aangesluit en het hy een van die baanbrekers op die gebied van die Afrikaanse film geword. Hy is op 13 Mei 1997, enkele dae voor sy tagtigste verjaardag, op George oorlede.
Filmografie K9 Baaspatrolliehond, 1972 Hulda Versteegh MD, 1970 Twee Broeders Ry Saam, 1968 Bennie-Boet, 1967 Voortreflike Familie Smit, 1965 Die Hele Dorp Weet, 1961 Kyk na die Sterre, 1960 Ek Sal Opstaan, 1958
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Geboortes in 1917 Kategorie:Sterftes in 1997