Sien Jou Môre is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1970 deur Kavalier Films vervaardig en uitgereik is. Dit is ’n kykie na die sestigerjare in Suid-Afrika, ’n era van dwelms, partytjies en sorgelose verhoudings, en was ’n gewaagde prent vir dié tyd.

Genre Die rolprent is 'n drama.

Akteurs Van die akteurs is Chris du Toit, Clasie Botha, Tony Jay, Franz Marx en Francois van Heyningen.

Storielyn Dis die sestigerjare en twee studente, Tien en Nelia, is verlief. ’n Vriendin sterf aan ’n oordosis en kort daarna pleeg haar vriend selfmoord. Tien voel ’n professor is vir albei se dood verantwoordelik en ’n konfrontasie ontstaan tussen die mans wat tot ’n tragedie lei.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente A.P. du Plessis

Eksterne skakels Inligting oor die fliek

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente