Lied in My Hart is 'n Afrikaanse musiekrolprent wat in 1970 deur Kavalier Films vervaardig en uitgereik is. Die regisseur is Ivan Hall en van Suid-Afrika se bekendste sangers van dié tyd, soos Gé Korsten en Min Shaw, speel en sing daarin. Dit is in Engels bekend as Song in My Heart.

Genre Dit is ’n musiekrolprent.

Akteurs Van die hoofspelers is Ge Korsten, Mitsi Stander en Min Shaw. Nog bekendes in die prent is Pietie Meyer, Pieter Hauptfleisch, Jacques Loots, Patrick Mynhardt, Sann de Lange, Siegfried Mynhardt, Nellie du Toit en Tony Jay.

Storielyn Gé Korsten speel die rol van ’n singende dominee, Paul Murray, wat bevriend is met Linda, die orreliste. Dié se broer, Parra, hoop sy trou met die dominee. Maar dan verskyn die beeldskone Estelle Beukes, dogter van die mynbaas, op die toneel. Paul trou met haar, maar die gemeente wil haar nie aanvaar nie. Uiteindelik vertrek hy en Estelle na Wene, waar hy in die operawêreld beland. Toe is daar ’n ongeluk by die myn en Parra smeek Paul per brief om terug te kom huis toe.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Musiekrolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente