Voortreflike Familie Smit is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1965 deur Carfo vervaardig en uitgereik is. Dit is geskoei op Anna M. Louw se verhaal met dieselfde naam wat oorspronklik in die tydskrif Sarie verskyn het en waarvoor Louw in 1968 die Scheepersprys vir Jeugliteratuur ontvang het.Anna M. Louw, Litnet Dit is later ook deur Stephan Bouwer tot ’n televisiereeks verwerk.

Genre Die rolprent is ’n drama.

Akteurs Van die akteurs is Petrus Botha (oupa Smit) en Helen van Pletzen (Ouma Smit) en Jemima Wessels (Grietjie).

Storielyn Die verhaal gaan oor ’n boeregesin wat stad toe verhuis en ’n bestaan in Kaapstad wil maak. Die gesin, onder leiding van oupa Smit, het dit nie breed nie, maar staan saam en word deur hul trots en selfrespek staande gehou.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente