Die Professor en die Prikkelpop is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1967 deur Mimosa Films vervaardig en uitgereik is. Die rolprent is ook vrygestel as "The Professor and the Beauty Queen". Jamie Uys was die regisseur en het ook die manlike hoofrol gespeel. Dit was Uys se eerste rolprent vir Mimosa Films.
Genre Die rolprent is 'n komedie. Dit het geen ouderdomsperk en is geskik vir die hele gesin.
Hoofrolspelers Die hoofspelers is: Jamie Uys (as die professor), Wynand Uys, Gert van den Bergh, Reinet Maasdorp, Tani de Lange, Gordon Mullholland, Arthur Swemmer en ander. Die sangeres Carike Keuzenkamp speel ook in die prent en sing die treffer Timothy.
Storielyn ’n Verstrooide professor, Hans Botha (Jamie Uys), is ’n beoordelaar in ’n skoonheidswedstryd wie se seun ontvoer word. Daar is ook gevegte en wedywering tussen die deelnemers, terwyl die professor lelik kleitrap.
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Eksterne skakels Inligting oor die fliek
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente