Die Swarthaak (Senegalia mellifera) is 'n algemene doringboom in Afrika. Die naam mellifera verwys na die boom se soetgeurige bloeisels en heuning. Die hout word pikswart as dit geolie word. Die boom staan in Engels as die Blackthorn bekend. Dit is gelys as nie bedreigd.ILDIS LegumeWeb In Suid-Afrika is die spesie inheems in Gauteng, Limpopo, Noord-Kaap, Noordwes en die Vrystaat. Buite Suid-Afrika is die boom inheems in Angola, Botswana, Djiboeti, Egipte, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Jemen, Kenia, Mosambiek, Namibië, Saoedi-Arabië, Somalië, Soedan, Tanzanië, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Die boom se FSA-nommer is 176.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Verspreiding Die Swarthaak kom in die droë gebiede van Afrika en die Arabiese Skiereiland voor.
Eienskappe Die Swarthaak kan as 'n meerstammige bos van tot sewe meter hoog met 'n min of meer tregtervormige kroon groei, of as 'n boom met 'n enkele stam wat tot nege meter hoog kan word. Dit kan 'n ondeurdringbare bos vorm. In sommige dele van Afrika word dit as 'n indringer beskou omdat dit landbougrond kan binnedring en oor groot gebiede kan versprei.
Gebruike duimnael|links|190px|Bloeiwyses In Afrika word die boom vir omheining, veevoer en die bou van hutte gebruik. Dit blomme is 'n bron van nektar vir heuning-produserende bye. Die hout is ook gesog vir brandstof en die maak van houtskool.Trees of Kenya, Tim Noad and Ann Birnie (1989)
Dieregebruike Die boom is 'n belangrike voedselbron vir beeste en wilde diere, veral in die droë gebiede van Afrika. Die blare en jong takke is besonder voedsaam en bevat 'n hoë persentasie proteïene. Die blomme word dikwels deur koedoes gevreet. Diere soos olifante, swartrenosters, kameelperde en elande vreet graag die blare.
Subspesies Senegalia mellifera subsp. detinens (Burch.) Kyal. & Boatwr. Senegalia mellifera subsp. mellifera
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Eksterne skakels Acacia mellifera Foto's (Google Beelde)
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Senegalia Kategorie:Medisinale plante Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Djiboeti Kategorie:Flora van Egipte Kategorie:Flora van Eritrea Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Jemen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Saoedi-Arabië Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Tsjad Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe