Salomien is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1972 uitgereik is. Die oorspronklike roman, Rondomtalie, is deur Elsabe Steenberg geskryf en het in die tydskrif Sarie Marais verskyn.

Genre Die rolprent is 'n drama.

Hoofrolspelers Die naamrol word vertolk deur Petru Wessels. Ander akteurs is onder andere Don Lamprecht, Cobus Rossouw, Wena Naudé en Wilna Snyman.

Storielyn Salomien word tronk toe gestuur op aanklag dat sy haar man, Ernst, vermoor het. Sy ly aan geheueverlies, maar die tronkkapelaan glo sy sal onthou as sy haar herinneringe stuk-stuk neerskryf.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente