Hulda Versteegh M.D. is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1970 uitgereik is. Die oorspronklike verhaal was ’n roman deur Christine du Plessis wat in die laat sestigerjare as ’n vervolgverhaal in die tydskrif Huisgenoot verskyn het. Wilna Snyman speel die vroulike hoofrol.
Genre Die rolprent is 'n romantiese drama.
Storielyn ’n Stadsmeisie trek na ’n klein dorpie waar haar kleredrag, rookgewoonte en opvatting oor godsdiens die konserwatiewe gemeenskap skok en daartoe lei dat hulle haar vermy. Dan raak sy en die dorp se jong predikant op mekaar verlief.
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Romantiese rolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente