Annelize van der Ryst (geb. 8 Maart 1948) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise. Sy is veral bekend as Matrone in die Afrikaanse sepie 7de Laan.Profiel op TVSA, besoek op 10 Februarie 2013 Sy tree in 2020 uit nà 18 jaar as die Matrone.
Sy was 'n aangenome kind en haar geboortemoeder se van was Hattingh. Sy gradueer in 2004 met B.Phil (Bybelinterpretasie) aan die Universiteit Stellenbosch. In 2010 ontvang sy 'n honneursgraad in Nabye Oosterse Studies aan Unisa en in 2017 die graad MA (cum laude) in Antieke Nabye Oosterse Studies ook aan Unisa.
Filmografie Rolprente: Agter elke man as Sarie van Langhans, 1990 Taxi to Soweto as Anastasia Theron, 1991 Blink Stefaans as assistent in juwelierswinkel, 1981 Skelms as mev. Jaekel, 1979
Televisie: 7de Laan (TV-sepie op SABC2) as Matrone Netta Nortje, 2000–2019 Daisy de Melker (TV-fliek) as Anna Cilliers, 1993 Agter elke man as Sarie van Langhans, 1985–1990 Die Koster (TV-fliek) as Linda Denyssen, 1978
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1948 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 21ste eeu