Shaoxing (Chinees: 绍兴), vroeër Kuaiji (会稽) en Shanyin (山阴), is 'n stad in die Chinese provinsie Zhejiang met 'n bevolking van 4 912 200 in 2010. Die stad is in die ooste van China naby die kus van die Oos-Chinese See aan die Qiantangrivier geleë.

Shaoxing grens in die ooste aan Ningbo, in die suidooste aan Taitsjou‎‎, in die suidweste aan Jinhua en in die weste aan Hangtsjou. Die stad is veral bekend vir sy ou stadskern met 'n labirint van ou straatjies en historiese kanale.

Kategorie:Nedersettings in die Volksrepubliek China