Piet Malan (* 13 Februarie 1919 – 5 Julie 2015) was 'n Springbokrugbyspeler wat in een toets teen Fred Allen se 1949 All Blacks gespeel het. Hy het ook vir Transvaal rugby gespeel en was 'n ere-visepresident van die Leeus. Hy was deel van die Transvaalspan wat in 1950 die Curriebeker verower het.

Sedert 2005 was Malan die oudste lewende Springbok en na sy afsterwe het die eer Cecil Moss toegeval.

Bron Oudste Bok haal Madiba se 94 in. Die Beeld. 12 Februarie 2013.

Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1919 Kategorie:Sterftes in 2015