Francois Johannes Botha (gebore 26 September 1968 in Witbank) is 'n Suid-Afrikaanse swaargewigbokser en die voormalige Wêreld-swaargewigkampioen. Sy bynaam is die Wit Buffel. Hy het al verskeie swaargewig-wêreldkampioenskapsgevegte geboks, insluitende teen Mike Tyson, Evander Holyfield, Michael Moorer en Lennox Lewis. Van 2003 tot 2006 het Botha ook aan talle skopboksgevegte deelgeneem.
As 'n amateur is hy tydens drie van sy vier gevegte deur Corrie Sanders uitgeslaan.
Hy verloor op 8 Februarie 2013 'n geveg teen die Nieu-Seelandse rugbyspeler, Sonny Bill Williams, wat hom met punte klop. Botha het kapsie gemaak omdat die geveg op omstrede wyse van 12 na 10 rondtes verkort is. Ná die geveg is berig dat Botha positief vir die verbode middel Phentermine getoets is.Verbode middels in Botha se bloed gevind, Nuus24, besoek op 10 Februarie 2013
Verwysings
Eksterne skakels Botha se profiel op boxrec.com Profiel op sherdog.com Profiel op k-1.co.jp
Kategorie:Suid-Afrikaanse boksers Kategorie:Geboortes in 1968 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners