Nantong (Chinees: 南通) is 'n stad in die Chinese provinsie Jiangsu met 'n bevolking van 7 282 835 in 2010. Die stad is geleë in die ooste van China aan die monding van die Yangtze in die Oos-Chinese See. Nantong is oos van Nanjing en noord van Sjanghai geleë. Dit is 'n belangrike sentrum vir die tekstiel- en voedselbedryf.
Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in die Volksrepubliek China