Yangzhou (Chinees: 扬州) is 'n stad in die Chinese provinsie Jiangsu met 'n bevolking van 4 459 760 in 2010. Die stad is geleë in die ooste van China naby die monding van die Yangtzerivier in die Oos-Chinese See. Yangzhou word deur Nanjing in die suidweste begrens en is aan die Keiserkanaal geleë.
Deur southandel oor die kanaal in die Middeleeue het die stad ryk en magtig geword, maar met die bou van spoorlyne het Yangzhou sy status as 'n belangrike handelstad verloor.
Kategorie:Nedersettings in die Volksrepubliek China