Quanzhou (Chinees: 泉州) is 'n stad in die Chinese provinsie Fujian met 'n bevolking van 8 128 530 in 2010. Die stad is geleë aan die kus van die Suid-Chinese See in die suidooste van China. Quanzhou was tydens die Mongoolse Yuan-dinastie een van die belangrikste hawestede ter wêreld. Die stad is deur bekende reisigers soos Marco Polo en Ibn Battuta besoek. Die Emporium van die wêreld in Song-Yuan China is in 2021 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf Amptelike Unesco-bladsy

Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in die Volksrepubliek China Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in China