Die Swart-Keirivier is 'n rivier wat in die Oos-Kaap in Suid-Afrika vloei.
Nedersettings aan die oewers van die Swart-Keirivier sluit in: McBride Village, Qabi, Ntabelanga, Thornhill, Loudon, Mitford, Basoto, Baccle's Farm en Tentergate; asook die Tsolwana-natuurreservaat.
Die Thriftdam is die enigste beduidende opgaardam in die rivier. Tans is hierdie rivier deel van die Mzimvubu tot Keiskamma Waterbestuursgebied.
Die Klaas Smits en Klipplaatriviere vorm sy hoofsytakke. Die water van die rivier vloei uiteindelik in die Groot-Keirivier in.
Verwysings
Kategorie:Groot-Keiriviersytakke