Die Wit-Keirivier is 'n rivier in die Oos-Kaap in Suid-Afrika. Dit ontspring noord van Queenstown as die Grootvleispruit en sluit later aan by die Swart-Keirivier, om die Groot-Keirivier te vorm.Mizimbuvu to Keiskamma WMA 12

Die Xonxadam is in die Wit-Keirivier gebou. Tans is hierdie rivier deel van die Mzimvubu tot Keiskamma Waterbestuursgebied.

Verwysings

Kategorie:Riviere in Oos-Kaap Kategorie:Groot-Keiriviersytakke