Shantou (Chinees: 汕头), ook bekend as Swatow of Suátao, is 'n stad in die Chinese provinsie Guangdong met 'n bevolking van 5 391 028 in 2010. Die stad is geleë aan die kus van die Suid-Chinese See in die suidooste van China. Die meeste van Thailand se bevolking van Chinese afkoms het uit Shantou en die aangrensende Chaozhou geïmmigreer.
Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in die Volksrepubliek China