Die rooibekkabeljou (Aethaloperca rogaa) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese oseaan, die Persiese Golf en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Redmouth rockcod. Die vis is seldsaam in Suid-Afrikaanse waters.

Identifikasie Die vis word tot 60 cm lank en het 'n diep lyf. Dit is oor die hele lyf donkerbruin tot swart en daar is dikwels 'n wit streep op die pens. Die binnekant van die mond is rooi, vandaar die naam.

Hulle leef in koraalriwwe in water wat 10 tot 50 m diep is. Hulle word dikwels in die nabyheid van onderwatergrotte gewaar. Die visse is alleenlopers of kan in pare saamleef. Hulle vreet hoofsaaklik skaaldiere en klein vissies wat in skole leef naby grotte.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bronnelys Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Aethaloperca-rogaa.html

Kategorie:Beenvisse