Die Komatirivier vloei deur die verre-ooste van Mpumalanga, Suid-Afrika, deur Eswatini (hier Nkomazi genoem), weer terug deur Mpumalanga en deur Komatipoort tot by sy seemonding in Mosambiek (Rio Incomáti).

Die Krokodilrivier is 'n groot sytak van die Komatirivier.

Ontstaan en roete Die oorsprong van die Komatirivier is wes van Carolina in die Ermelodistrik van Mpumalanga, op 'n hoogte van ongeveer 1 800 meter bo seevlak.

Daarna vloei dit in 'n noordoostelike rigting vir ongeveer 480 kilometer en mond uit in die Indiese Oseaan by Maputobaai.

Enkele sytakke Amanzilukahlarivier in Eswatini Cuengarivier, Mosambiek Krokodilrivier Lomatirivier Ngwetispruit (by Komatipoort) Nwaswitsontsorivier (monding in Mosambiek) Sabierivier (monding in Mosambiek)

Sytakke van die Krokodilrivier Alexanderspruit Bankspruit, Mpumalanga Mbiyamitirivier (Krugerwildtuin) Napispruit (Krugerwildtuin) Hartebeesspruit Houtbosloop Kaaprivier Noordkaaprivier Queensrivier Suidkaaprivier Witrivier sytak: Blinkwaterspruit

Eksterne skakel Google-kaart van die Komatirivier se monding by Geonames.org (cc-by)

Sien ook Lys van riviere in Afrika

Kategorie:Riviere in Mosambiek Kategorie:Riviere in Mpumalanga Kategorie:Riviere in Eswatini