Die Bosolienhout (Olea woodiana) is 'n middelgroot tot hoë woudboom wat tot die familie van die olyf (Oleaceae) behoort. Dit kom wydverspreid in oos-Afrika voor, in laergeleë heuwelbosse van Kenia, Tanzanië en Eswatini tot in oostelike Suid-Afrika.
Die bloeiwyses wat uit die blaaroksels of aan die stingelpunte groei, dra klein wit blomme. Vrugte word vanaf laatsomer voortgebring. Hulle is ovaalvormig en ryp vrugte verkry 'n swartpers kleur, wanneer dit ook deur voëls gevreet word.
Subspesies Daar is twee erkende subspesies:Kew World Checklist of Selected Plant Families Olea woodiana
Olea woodiana subsp. disjuncta – Kenia, Tanzanië Olea woodiana subsp. woodiana – Eswatini, Suid-Afrika
Kyk ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Kategorie:Olea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Tanzanië