Die Mtamvunarivier is 'n groot rivier wat die binnelandse grens vorm tussen die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal in Suid-Afrika. Die rivier het 'n breë Indiese Oseaan-monding net suid van Port Edward, wat dit ideaal maak vir motorboot- en ander watersporte.

Die Mtamvunarivier is ongeveer 162 km lank met 'n opvanggebied van ongeveer 1 553 km². Die naam beteken "die nemer van mondevol" in Xhosa as gevolg van die skade wat die rivier veroorsaak tydens vloede.

Oorlewering vertel dat enige persoon wat nie sy sonde bely voor hy die rivier oorsteek nie, sal deur die watergeeste weggevoer word. Dit is skynbaar ook die tuiste van meerminne; hulle word gereeld waargeneem waar hul op maanlig-aande in die water baljaar.

Geskiedenis Geskiedkundig en polities is die Mtamvunarivier die noordelike grens van Pondoland.Contributions to the ecology of Maputaland, Southern Africa

In 1552 het 'n Portugese skip naby die monding van die Mtamvunarivier gesink en plaaslike bevolking het probeer handel dryf met die seevaarders wat van die skip gered is.History of South Africa

Ekologie Die Umtamvuna Natuurreservaat is 'n bewaringsgebied aan die KwaZulu-Natalkant van die Mtamvunarivierkloof.Umtamvuna Nature Reserve, KwaZulu Natal Die rivier maak 'n deel uit van die Mvoti-tot-Umzimkulu Waterbestuursarea.Mvoti to Umzimkulu WMA 11

Sien ook C.H. Mitchellbrug Lys van riviere in Afrika

Bronne T.V. Bulpin: Illustrated guide to southern Africa. Reader’s Digest Ass. South Africa, Kaapstad 1985,

Verwysings

Kategorie:Riviere in KwaZulu-Natal Kategorie:Riviere in Oos-Kaap