Ndumo is 'n natuurreservaat geleë in die verrenoorde van KwaZulu-Natal en is 10 117 hektaar groot. Die Lusutfu (of Usuthu) en Pongolariviere vloei deur die reservaat. Die reservaat is relatief plat.
Klimaat Die reservaat kry somerreën en die gemiddelde reënval is tussen 650 tot 700 mm per jaar, met die hoogste syfer van 180 mm in Januariemaand. Die gemiddelde temperatuur is 26°C gedurende Februarie en kan styg tot 39 °C. Gedurende Julie (in die winter) is die gemiddelde dagtemperatuur 18 °C en kan gedurende die nag daal tot 3 °C.
Lees ook Ramsar-konvensie Ramsar-vleilande in Suid-Afrika
Verwysings
Bron
Kategorie:Natuurreservate in KwaZulu-Natal