duimnael|links|200px|Die "polisieman se helm" is 'n bekende baken in die park. duimnael|

Die Royal Natal- Nasionale Park in die noordelike Drakensberg van KwaZulu-Natal, is 8 000 hektaar groot en grens aan Lesotho en die Vrystaat. Die reservaat is in 1916 geproklameer en is 46 km wes van Bergville geleë.

Die Drakensberge was eens die jagveld van die San-mense (Boesmans). Alhoewel die San nie meer in die gebied woon nie, het hulle hul avonture in die vorm van merkwaardige rotstekeninge opgeteken. Die hoofkenmerke van die park is die Drakensberg-amfiteater, 'n rotswand van 5 kilometer lank en tot 1 200 meter hoog, die Mont-aux-Sources-piek waar die Oranje- en Tugelariviere hul oorsprong het, en die 948 meter hoë Tugelawaterval, die wêreld se hoogste waterval. 'n Kenmerkende rotskenmerk en gewilde stapbestemming in die park is die sogenaamde "Polisieman se Helm".

Alhoewel dit as 'n nasionale park bekend staan, word dit nie deur Sanparke bestuur nie, maar deur Ezemvelo KZN-Natuurlewe.

Die wolkesuikerbos en Berkheya leucaugeta is endemies aan die reservaat.

Galery

Verwysings

Bron

Kategorie:Drakensberge Kategorie:Nasionale parke van Suid-Afrika Kategorie:Natuurreservate in KwaZulu-Natal