duimnael|400px|Landskap in die Nasionale Krugerwildtuin duimnael|400px|Tafelberg, soos vanaf Leeukop gesien.

Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) is die liggaam wat verantwoordelik is vir die bestuur van Suid-Afrika se nasionale parke. SANParke is in 1926 gestig, en bestuur tans 19 parkeBrett, Michael: Touring South Africa's National Parks, Kaapstad, 2010 met 'n totale area van 3 700 000 km2, of omtrent 3% van die land se oppervlakte.

Die bekendste park is die Krugerwildtuin, wat ook die grootste en oudste is. Dit beslaan 'n gebied van amper 2 000 000 km2 en is in 1898 geproklameer en het in 1926 vir besoekers geopen.

Die Krugerwildtuin en die Tafelberg Nasionale Park is die twee mees besoekte trekpleisters vir toeriste in die land. Daarnaas is die onlangs-vergrote Addo-olifant Nasionale Park byna deurentyd vol bespreek, weens sy maklike bereikbaarheid van Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) af.

Parke

Die volgende parke word deur SANParke bestuur en bedryf: Addo-olifant- Nasionale Park Agulhas- Nasionale Park ǀAi-ǀAis/Richtersveld-vredespark Augrabies- Nasionale Park Nasionale Bergkwaggapark Nasionale Bontebokpark Golden Gate-Hoogland- Nasionale Park Kamdeboo- Nasionale Park Karoo- Nasionale Park Kgalagadi Oorgrenspark Nasionale Krugerwildtuin Mapungubwe- Nasionale Park Marakele- Nasionale Park Mokala- Nasionale Park Namakwa- Nasionale Park Tafelberg- Nasionale Park Tankwa Karoo- Nasionale Park Tuinroete- Nasionale Park Weskus- Nasionale Park

Verwysings

Eksterne skakels

Suid-Afrikaanse Nasionale Parke se webtuiste Onderhoud met die Hoof van Besigheidsontwikkeling, Suid-Afrikaanse Nasionale Parke