Die Dik-ghieliemientjie (Barbus afrohamiltoni) is 'n varswater vis wat voorkom in riviere aan die ooskus van Afrika vanaf die Zambezirivier tot by die Pongolarivier. In Engels staan die vis bekend as Plump barb.
Voorkoms Die vis is silwerkleurig, het 'n groot bek met twee pare baarde om en word tot 175 mm lank.
Habitat Die vis leef in stil water soos in panne en groot poele. Hulle vreet insekte. Die vis word gebruik as aas vir die vang van Tiervis.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Barbus-afrohamiltoni.html
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Verwysings
Kategorie:Beenvisse