Die Nylsvley-natuurreservaat is 3 100 hektaar groot en geleë in Limpopo tussen Modimolle en Mokopane. Die Nylrivier vloei deur die reservaat, en vorm seisoenaal 'n breë vleiland waar dit die reservaat verlaat. Maroelakop (1157 m) is die hoogste punt in die reservaat. 'n Kampeerplek is naby die ingangshek geleë.

Lees ook Ramsar-konvensie Ramsar-vleilande in Suid-Afrika

Bron

Eksterne skakels Vriende van Nylsvley Nylsvley-natuurreservaat, Limpopo

Kategorie:Natuurreservate in Limpopo