duimnael|regs|300px|'n Leeuwelpie in die Madikwe-wildreservaat

Die Madikwe-wildreservaat is 75 000 hektaar groot, en is in Noordwes aan die grense van Limpopo en Botswana geleë.

Die naaste dorp is Zeerust, 85 km suid van die reservaat. Die Groot-Maricorivier vorm die oostelike grens van die reservaat. Abjaterskop (1 377 m) is die hoogste punt in die reservaat.

Olifante 220 olifante is in die vroeë 1990's in Madikwe gevestig, met die oog op 'n volhoubare bevolking van, volgens sekere ramings, sowat 250 tot 500 diere. Die olifante het aangeteel en die beraamde drakrag van die reservaat binne enkele jare oorskry. In 2025 was daar reeds meer as 1 600 olifante wat 'n opmerklike uitwerking op hul habitat het. Kritici van die beweerde oorbevolking stel gereguleerde jaarlikse uitdunning van sowat 16 olifante voor, of sowat 500 elke 30 jaar, terwyl diereregtegroepe van mening is dat die natuur sy gang moet gaan.

Bron

Verwysings

Eksterne skakels Webblad van Madikwe-wildreservaat

Kategorie:Natuurreservate in Noordwes