Die Selatirivier (ook plaaslik Ga-Selatirivier genoem) is 'n sytak van die Olifantsrivier in Limpopo, Suid-Afrika.
Oorsprong Die Selatirivier ontspring op die ruwe westelike hange van die Wolkberge, 'n deel van die Strydpoortberge, omtrent 20 km suidoos van Tzaneen ().
Roete en takke Ná dit ontspring het in hierdie hoë reënvalgebied, vloei die rivier meestal ooswaarts vir 140 kilometer, deur landelike nedersettings en wildreservate, voordat dit sowat 7 kilometer suid van Phalaborwa by die Olifantsrivier aansluit. ().Hydrology and land use in the Ga-Selati catchment
Die Selatirivier se grootste sytakke is die Ngwabitsi- en Mulatiriviere, beide sluit van regs af aan.South African Rivers - Selati River
In die droë seisoen is die rivierbedding van die Selati ook droog vir die grootste deel van sy lengte. Die Selatirivier is erg besoedel in sy onderste lope te danke aan die mynbedrywighede in Phalaborwa.The Olifants River System; Ecoregions 4.03 & 4.05 - Ecoregion and River Characteristics
Damme in die bekken Harmoniedam by , in die Ga-Selatirivier. Selatidam by , in die Ga-Selatirivier. Toursdam by , in die Ngwabitsirivier.
Verwysings
Kategorie:Riviere in Limpopo Kategorie:Olifantsrivier (Limpopo)