Die Wolkberg is 'n bergreeks in Limpopo, Suid-Afrika. Dit vorm die noordelike subreeks van die Drakensberg-stelsel. Die bergreeks strek ongeveer 30 km in 'n NW/SO rigting noord van Sekhukhuneland. Die nabygeleë dorpe is Haenertsburg en Tzaneen.

Geografie duimnael|links|NASA-foto van die Wolkberg

Die reeks vorm 'n hoë plato en reik 2126 m hoog by die Ysterkroon, sy hoogste punt. Ander noemenswaardige pieke is die 2050 m hoë Serala,Wolkberg (Northern Part) Map 1838 m hoë Mamotswiri, 1667 m hoë Magopalone en 1611 m hoë Selemole.

Talle klein bergstroompies het hulle oorsprong in die Wolkberg, asook die Mohlapitserivier The Olifants River System – Ecoregion 2.14 & 2.15 en die Selatirivier, sytakke van die Olifantsrivier.Die Olifantsrivierstelsel

Ekologie Die weer kan baie vinnig verander van helder sonskyn en dan mistig word, met die hoogste piek in wolke gehul, vandaar die naam Wolkberg. Die omgewing is ruig bebos, met rotsbanke en diep, klam klowe met stroompies water. Seldsame vlinderspesies soos die Wolkberg-Zoeloe (Alaena margaritacea), die Wolkberg-weduwee (Dingana clara) en die Wolkberg-sandman (Spialia secessus), is vernoem na die bergreeks. Sommige spesies soos die vlinder Lepidochrysops lotana is slegs in die Wolkberg-gebied bekend.Woodhall, S. Field Guide to Butterflies of South Africa, Cape Town: Struik Publishers, 2005 Die Wolkbergkransaalwyn (Aloe thompsoniae) is inheems aan die berg.

Die Wolkberg-wildernisgebied is 'n beskermde gebied in die bergreeks.

Sedert ongeveer die jaar 2000 word hierdie streek deur die pompombossie, 'n neotropiese indringersoort, aangetas.

Sien ook Lys van Bergpieke in Suid-Afrika

Verwysings

Eksterne skakels Wolkberg Wilderness, naby Polokwane, Limpopoprovinsie Limpopoprovinsie Toerisme en Parkeraad se webblad oor die Wolkberg

Kategorie:Bergreekse in Suid-Afrika Kategorie:Drakensberge Kategorie:Limpopo Kategorie:Groot Eskarp, Suider-Afrika