Die Bronkhorstspruit is 'n rivier in Mpumalanga en Gauteng, Suid-Afrika. Dit is 'n takrivier van die Wilgerivier in die Olifantsrivierbekken,Olifants WMA 4 wat ook sy naam aan die dorp Bronkhorstspruit verleen. Die naam is blykbaar afkomstig van "bronkors" of "bronkhorst", die Afrikaanse naam vir Nasturtium officinale.Dictionary of Southern African Place Names

Oorsprong en roete Sy oorsprong is in die grasvelde op die hoëveldThe Olifants River System van Mpumalanga, ongeveer 30 km oos-suidoos van die dorp Springs. Dit vloei dan algemeen noordwaarts en sy hooftak, die Delmasrivier, sluit by sy linkerkant aan. Verder stroomaf vloei dit Gauteng en die Bronkhorstspruitdam binne. Voor dit noordoos draai, gaan dit verby die dorp Bronkhorstspruit. By die Premiermyndam, omtrent 10 km oos van die dorp, vloei dit met die Wilgerivier saam.

Geskiedenis In 1880 was hierdie rivier die toneel van die Slag van Bronkhorstspruit, 'n geveg tussen 'n Boerekommando onder bevel van kommandant Frans Joubert en die Britse troepe onder Luitenant-kolonel Anstruther. Dit was een van die eerste ernstige veldslae tydens die Eerste Vryheidsoorlog.Castle, Ian. Majuba 1881: The Hill of Destiny. Oxford, Osprey Publishing, 1996,

Damme in die rivier Bronkhorstspruitdam Premiermyndam

Verwysings

Kategorie:Gauteng Kategorie:Olifantsrivier (Limpopo) Kategorie:Riviere in Suid-Afrika Kategorie:Riviere in Gauteng Kategorie:Riviere in Mpumalanga