Hierdie blad handel oor die Wilgerivier wat 'n sytak van die Olifantsrivier is. Vir ander riviere met dieselfde naam, sien Wilgerivier.

Die Wilgerivier (Engels: Wilge River) is 'n sytak van die Olifantsrivier.

Roete Die Wilgerivier se oorsprong is ongeveer 15 km wes-noordwes van Leandra, in die grasvelde op die hoëveld naby Springs in Gauteng.The Olifants River System Dit vloei algemeen noordwaarts en sy hooftak, die Bronkhorstspruit, sluit by sy linkerkant aan ongeveer 25 km stroomaf van die dorp Bronkhorstspruit. Dit vloei noordoos en sluit aan by die Olifantsrivier omtrent 12 km stroomop van Loskopdam.Olifants WMA 4

Ander sytakke Devonrivier Kendalrivier Kromdraaispruit Saalboomspruit

Bronnelys South Africa Road Atlas. Mapstudio.

Verwysings

Eksterne skakels Google-kaart van die Wilgerivier se monding by Geonames.org (cc-by)

Kategorie:Mpumalanga Kategorie:Olifantsrivier (Limpopo)