Weenen-natuurreservaat is geleë in die KwaZulu-Natal Middeland. Die reservaat is 5000 ha groot en is 25 km noordoos van Estcourt, 20 km vanaf Colenso en 8 km vanaf Weenen. Die Boesmansrivier vloei deur 'n vallei in die reservaat. Die hoogte bo seevlak wissel van 1 000 tot 1 240 m.
Klimaat Die reservaat is in 'n somerreënval gebied wat gemiddeld 56 donderstorms jaarliks beleef. Die gemiddelde reënval is 750 mm per jaar maar kan aansienlik afwyk en dit word tot 37°C gedurende die somer.
Plantegroei Die noordelike gedeelte van die reservaat staan bekend as die Tugeladoringveld; dit bestaan uit grasvelde met digte Acacia bome in sommige plekke soos die
In die Boesmansriviervallei kom die volgende bome voor:
Natal vy (Ficus natalensis)
Vislewe Inheemse visse wat voorkom is die Driekol-ghieliemientjie (Barbus trimaculatus), KwaZulu-Natalse geelvis (Labeobarbus natalensis) en die Afrika-bontpaling (Anguilla bengalensis).
Uitheemse visse soos die kom ook voor maar die graskarp is skaars.
Bron
Kategorie:Bewaringsgebiede in Suid-Afrika Kategorie:Natuurreservate in KwaZulu-Natal