Synodontidae (Akkedisvisse) is 'n visfamilie wat hoort tot die orde Aulopiformes. Daar is drie genera met 56 spesies wat hoort tot dié familie en 10 van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die familie het silindriese lywe en daar is 'n klein vetvin teenwoordig bokant die anaalvin. Die bek is lank en strek verby die oë. Die tande lyk soos naalde en die familie word tussen 15–53 cm lank. Hulle leef op sand- of rotsbodems, ook in koraalriwwe tot op 'n diepte van 200 m. Die familie is goed gekamoefleer en begrawe hulle onder die sand sodat net die oë uitsteek.

Genera Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Saurida Saurida gracilis - Gespikkelde akkedisvis Saurida undosquamis - Grootskub-akkedisvis

Synodus Synodus binotatus - Kolneus-akkedisvis Synodus dermatogenys - Bont-akkedisvis Synodus indicus - Indiese akkedisvis Synodus jaculum - Swartstert-akkedisvis Synodus variegatus - Rooistreep-akkedisvis

Sien ook

Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse