Die Phu Quoc Internasionale Lughawe (Viëtnamees: Sân bay quốc tế Phú Quôc of Cảng hàng không quốc tế Phú Quốc) (IATA: PQC, ICAO: VVPQ) is 'n groot lughawe naby Phu Quoc, Kien Giang, Viëtnam en is die belangrikste lughawe vir binnelandse en buitelandse vlugte in Viëtnam.
Dit is die derde belangrikste lughawe in Viëtnam. Die lughawe is 5 km van die stadsentrum (Duong Dong). Dit het twee aanloopbane.
Die konstruksie is in November 2012 voltooi. Die lughawe is op 2 Desember 2012 geopen. Dit vervang die ou lughawe. Die lughawe dien hoofsaaklik toeriste na die strande op die eiland. Dit bedien tans 2.6 miljoen passasiers per jaar, en het 'n maksimum kapasiteit van 7 miljoen passasiers per jaar.
Bestemmings Air Mekong (Hanoi, Ho Chi Minh-stad) Vietnam Airlines (Hanoi, Ho Chi Minh-stad, Can Tho, Rach Gia) VietJet Air (Ho Chi Minh-stad)
Verwysing
Kategorie:Lughawens in Viëtnam