Die skakel-ghieliemientjie (Barbus bifrenatus) is 'n varswater vis wat wydverspreid voorkom en wel in die Kongorivier in die Zambië-area, die Kunenerivier, die Okavangorivier, die boonste gedeelte van die Zambezirivier, die Kafuerivier en die Limpoporivier. Daar is ook geïsoleerde populasies in Malawi en by St. Luciameer in KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die hyphen barb.

Voorkoms Die vis is deurskynend bruin, silwer aan die kante en aan die onderkant. Daar is 'n kenmerkende swart, boogvormige streep oor die kante wat van die punt van die snoet tot by die basis van die stertvin strek. Die sylyn is met swart pigment gemerk. Daar is ook 'n swart kol op die basis van die stertvin. Die vis word tot 70 mm lank.

Habitat Die vis leef in vloedvlaktes, poele en vlak strome met akwatiese plantegroei. Hulle vreet detritus, alge, sade en klein ongewerweldes.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Barbus-bifrenatus.html

Kategorie:Beenvisse