Ds. Dirk Postma (Dokkum, Friesland, Nederland, 10 Januarie 1818 – Burgersdorp, 28 Desember 1890) was die eerste predikant in die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika en stigter en eerste hoogleraar van die Kerk se teologiese skool op Burgersdorp in die Noordoos-Kaap, die voorloper van die Teologiese Skool en universiteit in Potchefstroom. Rektor kuier op geboortedorp van die Puk

Sy biograaf, dr. G.C.P. Van der Vyver, skryf in 1958 in die enigste omvattende biografie wat tot dusver (2016) oor prof. Postma verskyn het, hy "was 'n diep gelowige, innig vrome mens wat in alles 'Gods Voorzienigheid' erken het en daarom ook gedurig in die gebed geworstel het om Gods raad en leiding. Sterk gemoedelik van aard, het hy met die Here as 'n Vriend en Raadsman omgegaan en gewandel. En dit is juis hierdie geloof in en omgang met God wat 'n standvastigheid aan sy karakter verleen het wat 'n diepe indruk op sy tydgenote gemaak het." Van der Vyver, dr. G.C.P. 1958 Professor Dirk Postma 1818–1890. Potchefstroom: Pro Rege-Pers Beperk.

Ds. Postma is die Suid-Afrikaanse stamvader van die merkwaardige Postma-familie wat op soveel terreine 'n bydrae gelewer het en vandag nog lewer. Hy was vyf keer getroud, waarvan drie maal in Nederland en twee maal in Suid-Afrika, en het al sy vroue buiten die laaste oorleef. Uit dié huwelike is 20 kinders gebore, van wie vyf nie volwassenheid bereik het nie. Van die kinders wat bekendheid verwerf het, was Petrus, bekend as Gereformeerde leraar in Pretoria en pres. Paul Kruger se kapelaan en raadgewer, Martinus, eerste Gereformeerde predikant aan die Witwatersrand, Dirk jr., Gereformeerde predikant, skrywer en kerkhistorikus, Stephanus, Gereformeerde predikant en teoloog, en Willem, Gereformeerde predikant en ook bekend onder sy skrywersnaam dr. O'kulis. Dirk Postma sr. is een van net drie predikante van die Afrikaanse kerke van wie vyf seuns predikant geword het. Die ander twee, albei behorende tot die NG Kerk, is ds. Andrew Murray sr. en ds. Jan Hendrik Hofmeyr.

Kinder- en jeugjare Postma was die jongste kind van Pieter Pieters Postma en Lolkje Arjens Boekhout. Hoewel hy as "Durk" gedoop is, het hy dié Friese spelling reeds in Nederland laat vaar ten gunste van die Nederlandse spelling, "Dirk". Sy ouers was eenvoudige arbeidsmense wat in behoeftige omstandighede gelewe het. Hy verloor sy vader op vyfjarige leeftyd toe sy moeder na vier kinders moes omsien. Die oudste Pieter, was 17, Arjen 13, Tyttje nege en Durk pas vyf.

Die lewe was swaar en eenvoudig sodat Postma die skool op 15 verlaat het om as "blikslagersknecht" (hulp vir 'n loodgieter Gereformeerde kerk Pretoria (dolerend). URL besoek op 18 Junie 2013) die versorging van sy moeder op hom te neem.

Saam met sy moeder vereenselwig hy hom met die kerklike "Afscheiding" van lidmate van die Hervormde Kerk in 1834 in Nederland waardeur die afgeskeidenes in leer, diens en tug reformerend teruggekeer het tot die belydenisskrifte, liturgie en kerkregering soos vasgestel deur die Sinode van Dordrecht van 1618 – '19. Die vader van dié beweging was ds. Hendrik de Cock, wie se agterkleindogter Anna Böeseken in Suid-Afrika naam gemaak het as geskiedskrywer. Deur ds. Postma se toedoen is De Cock se seun ds. Helenius de Cock, 'n vriend van Postma, drie maal na Suid-Afrika beroep, maar al drie keer hy die beroep bedank. Biografisch lexicon voor de geschiedenis van het Nederlands protestantisme URL besoek op 17 Oktober 2016. Op 12 Mei 1838 lê Postma belydenis van geloof af in die Afgescheiden Christelijk-Gereformeerde gemeente Wanswerd en deur dié verbintenis met die Afskeiding van 1834 vereenselwig hy hom met die gereformeerd-konserwatiewe volksdeel in Nederland.

Bediening in Nederland duimnael|links|200px|Ds. Postma as jong leraar, waarskynlik nog in Nederland. Hy voel sterk die roeping om predikant in sy kerk te word en, by gebrek aan 'n teologiese skool in die wordingsjare van sy kerk, ontvang hy sowat 'n jaar lank privaat teologiese opleiding by ds. T.F. de Haan, wat by hom 'n besonderse liefde vir die ou tale kweek. Postma word op 5 Julie 1840, sonder formele teologiese opleiding, bevestig as bedienaar van die Woord in sy eerste gemeente, Minnertsga. Hierna bedien hy in Nederland agtereenvolgens Middelstum-Bedum (1842 – '44), Wildervank (1844 – '49) en Zwolle (1849 – '58).

In Nederland het hy vroeg 'n belangrike aandeel in die vestiging en opbou van die kerklike lewe. As jong man onderskei hy hom as 'n bekwame leier en geniet hy vertroue. Hy beywer hom veral vir Christelike onderwys, vir die versoening van botsende partye binne die Christelijke (Afgescheidene) Gereformeerde Kerk (Christelike Afgeskeie Gereformeerde Kerk) en vir die oprigting van 'n eie teologiese skool, wat in 1854 in Kampen tot stand kom.

Na Suid-Afrika In die Transvaalse staatskerk, die Nederduitsch Hervormde Kerk, was daar indertyd 'n groot behoefte aan bediening omdat daar sedert 1852 slegs een vaste predikant was, naamlik ds. Dirk van der Hoff. Ouderling Van Andel van 's Hertogenbosch bring dit in 1857 onder die aandag van die sinode van die Christelike Afgeskeie Gereformeerde Kerk in Leiden. Die sinode vaardig ds. Postma af om na Suid-Afrika te reis met die oog op hulp aan die Transvaalse kerk en op 'n geopende deur vir die sending te vind. Sy lasbrief gee egter 'n wyer opdrag en bepaal onder meer dat hy in die Zuid-Afrikaansche Republiek ondersoek moet gaan instel na die godsdienstige toestand van die stamverwante en geloofsgenote, broederlike betrekkinge met hulle moet aanknoop en in alles moet handel soos dit vir hom die nuttigste in belang van Gods Koninkryk voorkom.

Ds. Postma verlaat Nederland op 22 Mei 1858 en sit op 9 Julie voet aan wal in Simonstad. Hy bly net 'n kort ruk in Kaapstad, waarna hy na Durban vertrek omdat sy eintlike bestemming Transvaal was. Berig van sy aankoms is aan die Transvaalse owerheid gestuur. Om 'n onverklaarbare rede word die mededeling na die kerkraad van Rustenburg verwys waar 'n groep lidmate van die gemeente wat geweier het om die evangeliese gesange te sing en jare lank 'n stry gevoer het teen wat hulle as dwaalleringe in die bestaande kerke in Suid-Afrika, borg staan om Postma in Durban te gaan haal. Die owerheid gee hulle verlof om hom as predikant te behou op hul eie voorwaardes mits dit nie bots met die betrokke artikels van die Transvaalse grondwet nie.

Stigting van die Gereformeerde Kerk duimnael|240px|Ds. Dirk Postma het die hoeksteen van die Gereformeerde kerk Venterstad op 19 Augustus 1876 gelê, skaars 'n jaar ná die gemeente se stigting. Op 5 November 1858, vroeg die oggend om sesuur, het ds. Postma iewers in die nabyheid van Standerton die Vaalrivier oorgegaan in die geselskap van Flip Snyman van Rustenburg en Douw Kruger, broer van die latere pres. Paul Kruger, wat hom uit Natal afgehaal en na die ZAR vergesel het. Laasgenoemde het 'n paar dae vantevore te perd vooruitgery om die mense in kennis te stel van die koms van ds. Postma. Toe die Hollandse predikant sy voet op Transvaalse grondgebied sit, moes hy dadelik preek. Aan huis van ene D. Leus was 'n klomp mense bymekaar en daar het ds. Postma sy eerste diens in die land gehou waarheen sy kerk hom afgevaardig het. Nog dieselfde oggend is hy verder in die hoop om Potchefstroom die Saterdagaand te bereik, maar teen daardie aand het hulle net tot by die plaas Buffeldoorns van Flip Schutte gevorder. Die volgende dag, Sondag, is hier twee dienste gehou. Op Maandag 8 November is ds. Postma en sy geselskap verder na Rustenburg, vergesel van Schutte, nadat hy daardie Sondagmiddag verneem het dat ds. Dirk van der Hoff sowel as pres. M.W. Pretorius uit Potchefstroom afwesig was. Op 10 November het ds. Postma Rustenburg bereik en 'n kamer in ds. Van der Hoff se pastorie betrek. Van der Walt, ds. N.H. (hoofred.). 1934. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1935. Een-en-sestigste jaargang. Potchefstroom: Adm. Buro.

By sy aankoms in Transvaal het ds. Postma kennis gemaak met die sogenaamde Doppers, wat toe al 'n groep met 'n eie identiteit in die Suid-Afrikaanse kerklik-godsdienstige lewe was. Postma bied sy hulp aan die Transvaalse Kerk, maar die algemene kerkvergadering van die NH Kerk maak op 11 Januarie 1859 die gebruik van gesange verpligtend. Postma beskou dit as 'n dwang op sy gewete en dis daarom vir hom onaanvaarbaar. Vyftien mense, onder wie die latere president Paul Kruger, skei amptelik van die staatskerk af en versoek ds. Postma om sy hulp as leraar vir hulle aan te bied sodat hulle kan voortbestaan as 'n vrye Gereformeerde Kerk. Dit lei tot die stigting van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika op Rustenburg op 11 Februarie 1859. In die Afskeiding, so het Postma dit gesien, het die Gereformeerde Kerk uit die "diepgesonke liberalisme" teruggekeer tot die ware Gereformeerde standpunt.

In Suid-Afrika se kerkgeskiedskrywing word uiteenlopend oor Postma se aandeel aan die stigting van die Gereformeerde Kerk geoordeel. Die NG geskiedskrywer dr. G.B.A. Gerdener skryf in Geskiedenis van die Ned. Geref. Kerke in Natal, Vrystaat en Transvaal van 1934 ds. Postma is, nadat hy op 9 Julie 1858 in Simonstad aan wal gestap het, "in die Westelike Provinsie met alle toegeneentheid ontvang, het meermale in N.G. Kerke gespreek, van die Gesange gebruik gemaak en hom baie gunstig oor manne soos dr. A. Faure, prof. N.J. Hofmeyr en ds. F.L. Cachet uitgespreek". Gerdener skryf prof. Hofmeyr het van Postma die indruk gekry dat sy koms voortgevloei het "uit een bij de Afgesheidenen ontwaakte ijver om als Kerk van Christus de zaak der Evangelie-verkondiging onder de heidenen te behartigen". Volgens Gerdener was dit net die bykomstige doel van 'n onderneming wat hoofsaaklik arbeid "onder stamverwante en geloofsgenote beoog het. Die bykomstige doel het egter spoedig feitlik verdwyn."

Dr. S. du Toit, indertyd professor aan die Gereformeerde Kerk se Teologiese Skool aan die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, skryf in Handleiding vir die studie van kerkgeskiedenis (1955) ds. Postma se eerste indrukke van die Kaapse Kerk was "oor die algemeen gunstig". Hy sê ds. Postma kon in die prediking "geen onsuiwerheid opmerk nie" en het die hartlikste ooreenstemming gevind. Du Toit skryf Postma het net een keer 'n gesang laat sing. "Hierdie optrede is hom later baie kwalik geneem. Hy is beskuldig van oneerlikheid en huigelary – in Kaapstad tevrede met die kerk, terwyl hy selfs gesange laat sing, en later bewerk hy 'n afskeiding van dieselfde kerk, terwyl die kwessie van die gesange – so word beweer – juis die punt is waarop samewerking afspring." Du Toit voer aan ds. Postma het gehandel "op eerste indrukke". In sy dagboek skryf die predikant: "So ver as ek tans kan sien, verwag ek van hierdie kerk nog baie goeds." En verder: "As die kerk hier in die vryheid wat dit nou geniet, so voortgaan, koester ek die gedagte dat hulle mettertyd uit die gesange wel sal uitmonster dié wat in geen goeie gees gevind word nie; want ek het my opinie aan die vernaamste van hulle geopenbaar en ons stem daarin heeltemal ooreen." Du Toit skryf ds. Postma se optrede was in ooreenstemming met sy beleid soos hy dit later in Transvaal sou verduidelik: "As 'n kerk gesange het met vrede in die gemeente en die gesange regsinnig is, dan durf ek die kerk daarin nie veroordeel nie en ook nie daaroor bemoeilik nie, soos ek op my deurreis getoon het." Hy wou, volgens Du Toit, geen "ontydige beroering" verwek nie. In Transvaal het daar toe reeds jare lank 'n stryd oor dié vraagstuk geheers. Daar het ds. Postma dan ook van die begin af geen gesange laat sing nie.