Die Suidelike stompkoppie (Petrocephalus wesselsi) is 'n varswatervis wat in die Limpopo-, Komati- en Pongolarivier-stelsels voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Southern churchill.
Voorkoms Die vis is silwer of grys en word tot 115 mm lank. Die dorsale vin is redelik ver agter op die lyf en kleiner as die anale vin terwyl die stertvin gevurk is met ronde punte. Die kop is rond en glad met 'n klein mond.
Habitat Onbekend.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Eksterne skakel Fishbase: Petrocephalus wesselsi
Kategorie:Beenvisse