Spoegrivier is 'n klein dorpie in die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie is 13 km wes-noordwes van Karkams en 46 km oos van Hondeklipbaai geleë. Die naam is afgelei van 'n nie-standhoudende stroom wat noord van die dorp ontspring, suidwaarts vloei, en dan wes draai om in die Atlantiese Oseaan 20 km suid-oos van Hondeklipbaai uit te mond.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap