Die Hydra-sterrestelselswerm (of Abell 1060) is ’n sterrestelselswerm sowat 190 miljoen ligjare (58,3 miljoen parsek) van die Aarde af in die sterrebeeld Noordelike Waterslang (Hydra). Dit bevat sowat 157 helder sterrestelsels. Dit is sowat 10 miljoen ligjare breed en het ongewoon baie donker materie.The Hydra Cluster of Galaxies Astronomy Picture of the Day Die swerm is deel van die Hydra-Centaurus-superswerm.

Die helderste sterrestelsels in die swerm is die elliptiese stelsels NGC 3309 en NGC 3311 en die spiraalstelsel NGC 3312. Hulle het almal ’n deursnee van sowat 150 000 ligjare.The Hydra Supercluster An Atlas of the Universe.com

Ondanks die feitlik ronde voorkoms in die lug, is daar bewyse in die swerm se snelhede dat dit ’n klonterige, driedimensionele verspreiding het.

Verwysings

Wehner, Elizabeth M.H. en Harris, William E. (10 Augustus 2006) UCD candidates in the Hydra Cluster. ArXiv.org. ApL Letters 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Abell-voorwerpe Kategorie:Noordelike Waterslang Kategorie:Sterrestelselswerms