Die Hydra-Centaurus-superswerm (of SCl 128) is ’n superswerm in twee dele en die naaste superswerm aan die Virgo-superswerm, waarvan die Aarde deel is.

Die superswerm sluit vier groot sterrestelselswerms in die Centaurus-deel in: Abell 3526 (Centaurus-swerm), Abell 3565, Abell 3574, Abell 3581, asook die nader Hydra-swerm en Norma-swerm.

Benewens die sentrale swerms, wat 150 tot 200 miljoen ligjare van ons is, bevat dit verskeie kleiner swerms.

Volgens ’n studie in September 2014 is die Hydra-Centaurus-superswerm net deel van ’n groter swerm, die Laniakea-superswerm, wat die Groot Aantrekker in sy middel huisves.

Verwysings

Eksterne skakels

Besonderhede oor die Hydra-superswerm by atlasoftheuniverse.com Besonderhede oor die Centaurus-superswerm by atlasoftheuniverse.com 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Noordelike Waterslang Kategorie:Sentour (sterrebeeld) Kategorie:Superswerms