Pampierstad is 'n dorp in die Frances Baard-distriksmunisipaliteit in die Noord-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Die dorp lê in die noordelike deel van die Vaalharts-besproeiingskema en is 14 km vanaf Hartswater geleë. Meeste inwoners is Tswanasprekend.
Pampierstad is aanvanklik in die voormalige Bophuthatswana gestig om die werkers van Suid-Afrikaanse industrieë en plase te huisves. Die naam kom van die tipe karton wat aanvanklik gebruik is om die eerste huise te bou.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap