Die Antlia-sterrestelselswerm (of Abell S0636) is ’n sterrestelselswerm in die Hydra-Centaurus-superswerm. Dit is die derde naaste swerm aan ons Lokale Groep naas die Virgo- en die Fornax-swerm.
Die swerm is sowat 132,7 miljoen ligjare (40,7 miljoen parsek) van ons af en kan van die Aarde af gesien word in die sterrebeeld Lugpomp. Dit het nie een dominante sterrestelsel nie, maar word oorheers deur twee massiewe elliptiese stelsels, NGC 3268 en NGC 3258. Daar is altesaam sowat 254 stelsels. Die swerm is baie dig in vergelyking met ander stelsels soos Virgo en Fornax. Dit bevat vroeë-tipe-stelsels en ’n groot aantal elliptiese dwergsterrestelsels. Daar is twee subgroepe, die Noordelike Subgroep om NGC 3268 en die Suidelike Subgroep om NGC 3258.
’n Paar van die stelsels in die Antlia-swerm is NGC 3267, NGC 3568, NGC 3258, NGC 3269, NGC 3271, NGC 3258A, NGC 3258B, NGC 3260, NGC 3267, NGC 3268, NGC 3273.
Verwysings
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Verdere leesstof Burnham jr., Robert (1978) Burham's Celestial Handbook Hersiene uitg. vol. 1 van 3. Dover Publications. New York
Kategorie:Abell-voorwerpe Kategorie:Sterrestelselswerms