Die Fornax-sterrestelselswerm is die tweede rykste sterrestelselswerm binne 100 miljoen ligjare van die Aarde af – sowat 62 ligjare (19 parsek). Dit is egter baie kleiner as die Virgo-swerm.

Dit lê hoofsaaklik in die sterrebeeld Oond (Fornax) en is dalk verbind aan die nabygeleë Eridanus-groep. Hoewel dit klein vir ’n sterrestelselswerm is, leer dit ons van die evolusie van dié stelsels omdat dit die invloed wys van die samesmelting van ’n subgroep met die hoofgroep.

In die middel van die swerm lê die sterrestelsel NGC 1399. Ander lede sluit in NGC 1427A en NGC 1404.

Verwysings

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Abell-voorwerpe Kategorie:Sterrestelselswerms