Susanne Beyers (gebore 11 Desember 1954) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise en skrywer. Sy is primêr 'n verhoogaktrise, maar is eerder bekend vir die Afrikaanse TV-reekse waarin sy speel. Beyers het 'n B.Drama-graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf.Profiel op TVSA, besoek op 18 November 2012 Op die verhoog was sy te sien in stukke soos Die uurwerk kantel, in Leon Kruger se Ou blare en Seks in die suburbs. Haar TV-optredes sluit in enkeldramas soos Bartho Smit se Die man met die lyk om sy nek (regie: Danie Odendaal), asook reekse soos Chris Barnard se Onder draai die duiwel rond (regie: Katinka Heyns) en Arende (regie: Dirk de Villiers).HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Sy het ook in verskeie vollengte flieks opgetree.

Filmografie Rolprente Liewe Hemel, Genis!, 1987 as Maria Mandela and de Klerk (TV-fliek), 1997 as T.V.-verslaggewer #2 Slavery of Love (TV-fliek), 1999 as Anna van Branden Konfetti, 2014 as ouma Annetjie Voster Onder die Tafel (Kortfilm), 2014 as Katerine Strikdas, 2015 as Patrys Vorster Eintlik nogal baie, 2016 as Jay se ma

TV-optredes Arende II (TV-reeks), 1992 as Annette Steenkamp Arende III (TV-reeks), 1993 as Annette Steenkamp Erfsondes (TV-reeks, tweede seisoen), 2009 as Ansie Labuschagne Onder Draai die Duiwel Rond 7de Laan (SABC-sepie) as Jacomien van Niekerk Soutmansland Hart van Staal Dennekruin 12 Seders val in Lebanon Die Man met die Lyk om sy Nek Jasper Le Feuvre Samaritaan Beyond Return

Verhoogstukke Van haar verhoogstukke sluit in: Die uurwerk kantel Ou blare (saam met Joanie Combrinck en Elsabé Daneel) Seks in die suburbs (saam met Eben Genis) Drafstap of drentel Dalk is ons almal so Susanna die Geliefde Moeders en Dogters

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1954 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers